
Trevor Cramer gives an overview of the 23 - 30 October 2026 edition
Trevor Cramer, gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Episodes
150
Latest episode
Oct 2026
Language
EN
The Agri Hour is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays from 5 - 6am.

Trevor Cramer, gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.

Tydens die lofdiens wat by NAMPO Alfa gehou is, het openbare motiveringspreker en skrywer, Myan Subrayan, as gasspreker opgetree. Hy het ook namens Laeveld Agrochem, 'n donasie oorhandig wat aangewend word vir die NAMPO Alfa Farm Skills kompetisie, vir jong leerders. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy pad met die landboukultuur, en die geestelike ingesteldheid wat boere moet behou, om positief te bly.

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Isabel van Tonder met CH Steenkamp en Rouxan Fouche van Bothaville Hoerskool gesels oor hulle handige skaapklamp wat hulle ontwerp en gebou het.

Tydens die onlangse NAMPO Alfa het Isabel van Tonder met HE Steyn gesels oor brandmerke, en die twee tipes brandmerke wat boere gebruik.

Isabel van Tonder gesels met Albert Loubser oor sy indrukke na NAMPO Alfa.

Reinke se "Besproei vir Groei" skoleprojek is volstoom aan die gang om die volgende generasie landbouleiers te kweek. Die sluitingsdatum is reeds 31 Okt. Isabel van Tonder gesels met Louis Strydom,Bemarkingsdirekteur van Omnia, een van die sleutelvennote in die projek.

Peritum Agri Institute in Bloemfontein, vier 25 jaar van landbouvaardigheidsontwikkeling. Hulle het 'n nuwe venootskap aangekondig met Bo-Karoo Opleiding in Orania. Isabel van Tonder berig oor hierdie nuwe diplomaprogramme en belangrike vooruitgang vir praktiese landbouopleiding.

Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte.

Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en tendense in die veebedryf.
Claim this listing to keep it up to date, reach guests who want to pitch you, and manage bookings with Guestify.
Claim this listing